Termohaliene sirkulasie

Wêreldwye sirkulasie: Diepwaterstroming is rooi en oppervlakstroming blou. Die sirkumpolêre stroming word nie gewys nie.

Die termohaliene sirkulasie is die wêreldwye stelsel van die seestrome. Omdat die verskynsel die eerste keer in die Atlantiese Oseaan waargeneem is, word dit ook die Noord-Atlantiese Diepwaterpomp genoem. Dit is die vervoerband van die osean.[1] Die bekendste deel van die termohaliene sirkulasie is die Golfstroom.

"Termo-" dui op temperatuur en "-halien" op soutgehalte. Albei faktore het 'n invloed op die digtheid van water en dus op die feit of water styg of daal.

  1. S. Drijfhout. De transportband van de oceaan, KNMI

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search